Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Buurvrou" deur JOHAN MYBURG
"Buurvrou" deur JOHAN MYBURG [boodskap #23658] Sa, 05 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BUURVROU
Johan Myburg

Die straat spekuleer oor die heks
en sewentien katte in die digte huis
met g'n beweging agter vensters nie,
g'n wandeling deur die tuin (nalatenskap
van 'n eertydse tuinier met groen vingers)
nie. Nie rook deur die skoorsteen nie.

Skeefkyk deur my ruit word die acalypha
'n vrouefiguur met kopdoek, maak die tuinhek
toe, kyk vir pos. Dubbelkyk buig takke
oor die posbus: stommer duplikaat
van die huis met swart eenoogvenster
en skarnierlose deur op die straat.
Vorige onderwerp: @igs = vigs
Volgende onderwerp: Wat bly oër?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:41:24 MGT 2024